Menseregte in SA kwel FW-stigting

2010-03-29 07:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Oudpres. F.W. de Klerk se Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) meen die gevaarligte flikker helder vir verskeie menseregte, waaronder politieke regte, in Suid-Afrika.

Die SGR sê in sy menseregte-rapport vir 2010 sommige regte verkeer onder toenemende druk vergeleke met ’n soortgelyke ontleding in 2009.

Benewens die regte tot onderwys en gesondheidsorg, wat voortdurend onder druk is, is dit kommerwekkend dat politieke regte en die reg tot vryheid van spraak skynbaar ingeperk word.

Die SGR beklemtoon die feit dat Suid-Afrika ’n veelparty-, grondwetlike demokrasie met volwasse stemreg, ’n gemeenskaplike kieserslys en gereelde verkiesings is.

Tog is “die effektiewe beheer van sowel die wetgewende as die uitvoerende gesag in die hande van diegene wat die regerende party beheer. Dít het in 2008 daartoe gelei dat die leierskap – wat nie in ’n nasionale verkiesing aangewys is nie – ’n verkose president (Thabo Mbeki) kon herroep.”

Die SGR is besorg oor die manier waarop onverkose ANC-leiers dit regkry om regeringsbeleid te rig, terwyl ’n party soos die SAKP, wat nie aan verkiesings deelneem nie, onder die ANC-vaandel in die parlement sit.

Die voorval waarin Chumane Maxwele, ’n Kaapse student, in hegtenis geneem is toe hy minagtend teenoor pres. Jacob Zuma se voertuigkonvooi opgetree het, vererger sake.

Die SGR meen dít en ’n voorval waar verslaggewers gedwing is om foto’s van die konvooi uit te wis, “kom neer op die ernstige ondermyning van vryheid van uitdrukking en van die media” en die “reg tot vrye politieke aktiwiteite”.

Vrese bestaan ook oor gelykheid. Die SGR sê die aanstelling van adv. Menzi Simelane as nasionale vervolgingshoof ondermyn vertroue in die onafhanklikheid van die regbank en laat twyfel ontstaan of alle burgers gelyke behandeling sal ontvang.

Simelane is al sedert sy aanstelling as vervolgingshoof in die spervuur omdat hy as ’n suiwer politieke aanstelling beskou word.

Hy het direk ingemeng by die borgtogaansoek van die kwaitosanger Jub Jub (Molemo Maarohanye), wat op aanklagte van moord teregstaan.

Simelane se besluit om die moontlike vervolging van Fana Hlongwane, ’n sentrale figuur in die land se peperduur wapentransaksie, te staak, het ook wyd kritiek ontlok.

Die gebrek aan gehalte-gesondheidsorg en onderwys is ook besig om menseregte in te perk, meen die stigting.

Die regering se planne om ’n nasionale gesondheidsversekeringskema op die been te bring, kan – gegewe die bestaande swak diens – sake op grondvlak net vererger, lui die verslag.

Voorts bevind die land se onderwysstelsel hom steeds in ’n krisis, ondanks die beleggings wat sedert 1994 daarin gemaak is.

Die land sukkel steeds met swak geletterdheidsyfers en gebrekkige syfervaardighede, wat vererger word deur onvoldoende toegang tot moedertaalonderrig, is bevind.

Die SGR meen dít is te wyte aan die “vestiging” van Engels as die land se enigste amptelike taal.
 
- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: politiek  |  menseregte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.