Meisies spring van brug oor Oranjerivier

2011-08-02 08:07
Tweets Share Share line Print

Upington - Die gebroke ouers van twee tienermeisies wat Maandag hier glo van die voetgangerbrug oor die Oranjerivier gespring het, is dronkgeslaan oor waarom die meisies dit sou gedoen het.

Lede van die polisie se duikspan het Maandagaand nog in die rivier na Lizette Dryer (16) en Ashley Andrews (15) gesoek nadat hulle Maandagoggend vroeg van die brug in die rivier gespring het. Drie maats wat saam met hulle was, het die polisie ontbied.

Lizette is die dogter van ao. Franklin en Cynthia Dryer en Ashley die dogter van Aubrey en Ansie Andrews.

Mnr. Andrews het Maandagoggend telkens trane weggevee terwyl hy op die voertuigbrug gestaan en kyk het hoe die polisie in die rivier na die meisies soek.

Hy het geen vermoede gehad oor waarom die meisies dit gedoen het nie. “Ons weet nie van enige probleme wat sy gehad het nie. Sy en haar ma het openlik oor dinge gepraat.”

Hy het sy dogter Vrydag laas gesien voordat sy vir die naweek by ’n vriendin gaan kuier het.

Dit is nie duidelik of sy in Louis­vale of die woonbuurt Die Rand gekuier het nie.

Een van haar vriendinne het haar hangertjie vir haar ouers gebring, maar haar selfoon is weg.

Toe hy haar oor die naweek probeer bel het, was die foon af.

Hy sê hy het gehoor Ashley het ’n seun geklap toe hy haar probeer keer het om te spring.

Die polisie het die Andrews-egpaar Maandagoggend vroeg kom sê wat gebeur het.

Ao. Dryer sê ’n vriendin van Lizette het hulle Maandag omstreeks 07:15 kom sê wat gebeur het.

“Ek weet van geen probleme nie. Ons het gistermiddag (Sondag) nog gebraai.”

Ashley en nog ’n vriendin het Sondagmiddag by die huis aangekom. Lizette het vir haar ouers gesê sy gaan net ’n entjie saam met hulle stap, maar het nooit die aand huis toe gekom nie.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie op Upington, sê die meisies was in ’n groep van vyf kinders op pad oor die voetgangerbrug toe die voorval gebeur het. Die ander kinders is erg getraumatiseerd. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.