Meisie 'verneder' toe sy verkeerde uniform dra

2012-02-22 12:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Tienjarige meisie wat ‘n broek in plaas van ‘n romp na ‘n Johannesburgse skool gedra het, moes na bewering uittrek en in haar broekie skoolgaan, lui ‘n berig.

The Star berig die leerling aan die Cosmo City Primary School No 1 moes haar broekie, ‘n skoolhemp en ‘n trui vir die res van die dag dra.

Die meisie is na bewering aangesê om uit te trek aangesien sy nie die korrekte uniform skool toe gedra het nie.

Volgens haar ma, wat nie genoem kan word nie om die meisie se identiteit te beskerm, het die graad 4-leerling haar lang, grys broek skool toe gedra in plaas van ‘n skoolromp, aangesien die romp nat was van die vorige dag se reën.

Die ma het aan die koerant gesê haar dogter is geforseer om sonder haar broek huis toe te gaan aangesien dit weggeraak het.

Kgomotso Khumalo, hoof van die skool, het die aantygings ontken.

Al wat sy gedoen het is om die leerling onder ‘n motorafdak tot 10:00 te laat staan, het sy gesê.

Khumalo het bygevoeg dat die meisie een van 70 leerlinge was wat Dinsdag die verkeerde skooluniform gedra het.

“Ek het vir hulle gesê ‘julle lyk soos ‘n sirkus’. Wat ek gewoonlik doen is om hulle te vra om onder die motorafdak tot 10:00 te staan... en dan gaan hulle terug klas toe. Dan oorhandig ek ‘n brief aan hulle vir hul ouers.”

Khumalo erken sy het Dinsdag geen briewe aan die leerlinge oorhandig nie.

Charles Phahlane, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê geen leerling moet by skool verneder word nie.

Hy het aan die koerant gesê die departement sal ondersoek instel.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Ha ha! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.