Meisie verloor tone ná roltrap-ongeluk
2012-01-25 15:57
Durban – ‘n Meisie van Amanzimtoti aan die KwaZulu-Natalse suidkus het ‘n gedeelte van haar voet laat amputeer nadat haar tone in ‘n roltrap vasgesit het, het ‘n koerant Woensdag berig.
Mishke Roux (6) was saam met haar ma, Mariska, toe die ongeluk Sondagoggend op ‘n roltrap in die Galleria-inkopiesentrum plaasgevind het, het Daily News berig.
Daar word berig dat klein Mishke kaalvoet was toe sy die roltrap geneem het.
Chirurge moes later drie van haar tone en ‘n deel van haar voet verwyder as gevolg van die voorval.
Haar ma sê die kind se voet het aan die kant van die roltrap vasgesit.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter