Meisie verdrink in George-dam
2012-01-04 21:21
Johannesburg – ‘n Twaalfjarige meisie het in ‘n dam op George verdrink, het die Wes-Kaapse paramedici gesê.
Volgens André Visser, woordvoerder vir Netcare 911, het die voorval Woensdag gebeur terwyl drie meisies saam gaan swem het om af te koel. Hulle was tussen tien en twaalf jaar oud.
“Twee van die meisies het later aan reddingswerkers gesê dit het gevoel asof hulle in die modderige bodem vasgesit het,” het Visser gesê.
Die twee meisies het daarin geslaag om uit te klim, maar het hul vriendin verloor.
Polisieduikers het later die vermiste meisie se lyk uit die dam gehaal. Sy is op die toneel dood verklaar.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA