Meisie sterf in Durban-ongeluk
2012-01-10 20:59
Johannesburg – ‘n Agtjarige meisie het Dinsdag gesterf toe sy getref is deur ‘n bakkie terwyl sy Spineweg in Westville, Durban, oorsteek het, het paramedici gesê.
Sy was op haar eie en dit het gelyk of sy haar nuwe skoolskoene uitgetoets het voor die begin van skool Woensdag, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Volgens berigte van die toneel af het die kind die pad buite die Sasol-vulstasie omstreeks 16:00 probeer oorsteek toe sy voor die bakkie beland het.”
Sy het gesterf voordat paramedici op die toneel aangekom het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA