Meisie steek man dood oor sigaret
2009-08-23 19:22
Johannesburg - 'n Man (40) van die Oos-Kaap is die naweek glo deur 'n 18-jarige meisie oor 'n sigaret doodgesteek.
Dit is een van twee aparte insidente in Ngcobo en Tsolo waarin mans doodgesteek is, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
Volgens supt. Muzukisi Fatyela is die 40-jarige man Saterdagaand om 21:30 gesteek.
"Hulle was by 'n kroeg en daar was 'n rusie oor 'n sigaret. Hulle het buitentoe gegaan, en toe haal sy 'n mes uit en steek hom."
In 'n tweede voorval is die liggaam van 'n 50-jarige man Sondag langs die pad in Tsolo gevind.
"Verbygangers het die man se liggaam langs die pad gevind. Hy is verskeie kere gesteek. Ons glo dit was dalk 'n roofaanval, want die man het geen kosbare besittings by hom gehad nie."
Die tienermeisie is in hegtenis geneem, terwyl die moordenaars van die 50-jarige man steeds op vrye voet is.
- Sapa