Meisie steeds vermis ná Limpopo-vloede
2010-11-02 10:20
Polokwane – Die soektog na ‘n kind wat tydens storms en swaar reënval in Limpopo vermis geraak het, het Dinsdag voortgeduur, het die provinsiale rampsbestuur gesê.
Volgens Clayson Monyela, woordvoerder, is die soektog Maandagaand gestop.
“Die weer is vandag (Dinsdag) beter en die son skyn,” het hy gesê.
Die kind het Sondag tydens kitsvloede, wat vier mense se lewens geëis het, in die Makhuduthamaga-munisipaliteit vermis geraak.
‘n Vrou en haar twee kleinkinders is dood toe hul plakkershut deur die vloede getref is. ‘n Ander persoon is dood toe hul motor weggespoel het.
Volgens Monyela is meer as 30 huise oorstroom.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA