Meisie se moordenaar 30 jr. tronk toe

2010-07-23 09:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die man wat Jeanine Kayser (11) van Cullinan vermoor en toe op haar begrafnis haar kis help dra het, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis tot effektief 30 jaar tronkstraf.

Calvin William Edwards van Atteridgeville het Donderdag vóór sy vonnisoplegging uit die getuiebank Jeanine se familie gevra om hom te vergewe sodat hy “beter kan voel”.

Hy het dikwels koponderstebo gesit en snuif.

Regter Peter Mabuse het Edwards, wat los konstruksiewerkies gedoen het, gevonnis tot 14 jaar tronkstraf omdat hy Jeanine verkrag het en 25 jaar tronkstraf weens moord.

Nege van die 14 jaar tronkstraf sal gelyklopend met die 25 jaar uitgedien word.

Edwards, wat skuld beken het, het Jeanine op 4 Oktober 2008 verkrag en vermoor.

Jeanine en haar sussie, Chantelle (toe 9), was dié aand in Jan Jafta, hul stiefpa, se sorg terwyl hul ma, Rozan Jafta, in die hospitaal was ná ’n operasie.

Edwards het by Jeanine se kamervenster ingeklim. Hy het haar deur die venster na buite getel en in die bosse gaan verkrag. Edwards het haar teruggeneem huis toe en haar buite die huis verwurg.

“Toe ek besef het sy is dood, het ek haar deur die venster op haar bed neergegooi,” het hy in sy pleitverduideliking gesê.

Hoewel hy onder die invloed van drank was, het hy geweet wat hy gedoen het, het hy gesê.

Edwards het Donderdag aan Jeanine se familie gesê: “As u my net kan vergewe, sal ek beter voel. Ek moet gestraf word.”

Mabuse het Donderdag gesê Edwards is ’n eerste oortreder. Sy skuldbekentenis is ’n teken van sy berou. Hy het ook in die openbaar verskoning gevra.

Mabuse het gesê Jeanine se ma het huilend in die hof by hom gepleit om ’n swaar vonnis vir Edwards.

Talle “ongelukkige dinge” het gebeur met Jeanine se familie. Omdat Edwards nie gouer met sy skuld na vore getree het nie, is die stiefpa verdink van die moord op sy stiefdogter. Die gemeenskap het gedreig om hom dood te maak.

Dít het hom en Jeanine se ma uitmekaargedryf.

Jeanine se ma het Donderdag in die hof getuig Edwards het Jeanine se kis help dra op die begrafnis. Sy was verbaas toe sy hoor hy is gearresteer.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hofsake  |  tronkstraf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.