Meisie moor pa ná rusie oor brood
2010-03-03 15:19
Johannesburg - 'n Tienermeisie is in Diepsloot in hegtenis geneem na sy glo haar pa met 'n mes doodgesteek het.
Die twee het glo Maandagaand 'n rusie gehad omdat die meisie glo 'n broodpakkie wat haar pa saam werk toe moes neem, geëet het.
Kapt. Thandi Ramano, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die 17-jarige meisie is eers na die Erasmia-polisiekantoor geneem en toe na die Pretoria-Sentraal-gevangenes geneem omdat sy minderjarig is.
Sy het 'n tweejarige dogtertjie wat saam met haar tronk toe is.
– iol