Meisie leef ná spoegkobra se pik

2011-12-22 07:24
Tweets Share Share line Print

Pretoria – 'n Meisie van Lephalale (Ellisras) kan ’n deel van haar hand verloor nadat sy in haar bed deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is.

Mikayla Robbertse (5) was Woensdagmiddag nog in die Netcare Montana-hospitaal se waakeenheid en haar toestand is bestendig.

“Ons het pas ingekruip toe ons ’n vreeslike gil hoor,” het haar ouma, Charmaine Robbertse, Woensdag vertel oor die voorval wat Maandagaand gebeur het.

“Haar pa (Bertus) was eerste by haar en het die slang gesien. Dit het haar op die handjie en elmboog gepik.

“Ek en haar oupa (ook Bertus) het dadelik met haar na die Lephalale-staatshospitaal gejaag, terwyl my seun die slang gaan soek het.

“Ons was so benoud in die motor, want sy het in ’n stadium in skok gegaan en haar lyfie het begin ruk.

“Ons het besef my seun moet uitvind watter soort slang dit was sodat die regte teengif gegee kon word.”

’n Buurman het gehelp om die slang uit te ken en Mikayla het die teengif gekry.

“Die diens in Lephalale was puik. Sy was binne minute op suurstof met ’n drup en die dokter was binne vier minute daar.”

Mikayla is die volgende dag na ’n private kliniek en daarna na Montana.

Sy was baie siek en haar niere het in ’n stadium byna ingegee.

Die familie behoort egter nie tot ’n siekefonds nie en het Donderdag gehoor sy sou na die Steve Biko- akademiese hospitaal oorgeplaas word. Dit sou hulle meer as R40 000 gekos het om haar in Montana te hou.

“Sy is nou buite gevaar en die dokters sê Steve Biko kan haar ook die nodige sorg gee.”

Mikayla kla nie oor pyn nie, maar wil huis toe gaan.

“Sy sê haar pa is haar held, want hy het die slang doodgemaak.”

Volgens me. Robbertse is daar van die weefsel in haar handjie wat kan doodgaan. Dit kan beteken dat sy ’n deel van haar hand kan verloor en operasies gaan nodig hê.

Me. Robbertse het gesê op die plaas is hulle gewoond daaraan om saans alles uit te skud vir slange en skerpioene.

“Ons is net so bly sy leef. Oor haar handjie sal ons ons later bekommer. Sy is ’n sterk kind wat nie maklik opgee nie,” het sy bygevoeg.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: ongelukke  |  slange

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.