Meisie gevind ná sy by winkelsentrum verdwyn

2011-06-27 08:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Ek weet nie hoe om die Here genoeg te bedank nie. Dankie, liewe Here, dankie, dankie, dankie!”

Met trane wat oor haar wange gerol het, het Landy Christoffels (36) Saterdag beskryf hoe dankbaar sy is dat haar dogtertjie, Chanté (3), ongedeerd gevind is.

Die ontvoering van Chanté op 3 Junie uit die parkeerterrein by die Bellville Middestad-winkelsentrum, het groot opspraak gewek.

Haar ma en pa, Cedrick Julisen (54), werk as motorwagte buite die winkelsentrum.

Volgens ao. November Philander, ’n polisiewoordvoerder, het ’n onbekende vrou Chanté Saterdag voor 07:00 by Elizabeth-park afgelaai. Dit is ’n oop grasperkgebied reg langs Voortrekkerweg.

Chanté was kaalvoet en in dieselfde klere geklee as die dag waarop sy vermis geraak het.

“Mense wat Saterdagoggend op pad was werk toe het gesien hoe ’n kleuter verlate in Elizabeth-park gesit het. Hulle het die polisie in kennis gestel,” het Philander aan Die Burger gesê.

By die polisiekantoor is foto’s van Chanté met dié dogtertjie vergelyk. Haar ouers is ook ingebring, en hulle het haar toe geëien.

“Geen fisieke beserings is waargeneem nie. Sy is ook vir verdere mediese toetse geneem,” het Philander gesê.

Chanté het self aan die polisie gesê ’n vrou het haar Saterdagoggend by die parkie afgelaai. Sy was ook baie honger.

Haar ouers het laat Saterdagmiddag van die polisiekantoor na hul slaapplek teruggekeer toe Die Burger met hulle gesels het.

Christoffels het gesê sy het self haar dogtertjie gebad.

Melany Kuhn, woordvoerder van die department van maatskaplike ontwikkeling, het Sondag gesê Chanté is nog nie in haar ­ouers se sorg teruggeplaas nie.

Die meisie is volgens haar tans by ’n plek van veiligheid waar maatskaplike werkers en beraders nog met haar werk.

Kuhn het gesê die uiteindelike doelwit is om die meisie terug in haar ouers se sorg te plaas, maar omdat daar nog ’n ondersoek aan die gang is, kan dit nie onmiddellik gedoen word nie.

“Die departement wil met die proses wat gevolg word ook verseker dat alles wat gedoen word in die meisie se beste belang is,” het Kuhn bygevoeg.

Intussen het ’n bron na aan die ondersoek gesê Chanté het aan die polisie gesê dat sy by ’n man en ’n vrou – vermoedelik die vermeende ontvoerder, wat slegs as Straatloper bekend is – was.

Sy kon egter nie hul name vir die polisie gee nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: vermiste persone

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.