Meisie geopereer ná hond haar op strand byt

2012-01-13 08:47
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die meisie wat Woensdag deur ’n hond op een van die stad se strande gebyt is, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan.

Meeka Riley Lackay (2) is Woensdagmiddag deur ’n rottweiler op Clifton se hoofstrand aangeval terwyl sy en haar tante Liska October op die strand gespeel het. Die loslopende hond het haar van agter op die regterbeen en rug gebyt.

Meeka is kort ná die aanval na die Kaapstadse Mediclinic geneem waar sy in die hoësorgeenheid opgeneem is. Later die aand het sy – weens die aard van haar beserings – ’n noodoperasie ondergaan.

Sy het plastiese chirurgie op haar rug en been ondergaan en is Donderdagmiddag ontslaan, het ’n tante, May Carla Herman, gesê. Die operasie het goed afgeloop.

“Sy is piekfyn en baie gelukkig om terug by die huis te wees. Sy het vandag (Donderdag) probeer stap,” het Herman gesê.

“’n Mens kan sien sy het nog pyn, maar andersins doen sy goed. Sy wou nie die hospitaal se kos eet nie, maar ’n mens kon sien sy was baie honger.”

Meeka gaan vandag weer die plastiese chirurg sien, wat die familie oor ’n moontlike opvolgoperasie sal raadpleeg.

Die familie het vroeër die week aangedui hulle is voornemens om regstappe teen die hond se eienaar, James Smith, te doen.

Smith kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

Neil Arendse, die stadsraad se assistent-hoof van spesiale wetstoepassing, het gesê op die meeste strande is daar kennisgewings wat aandui of honde-eienaars met hul troeteldiere daar mag stap of nie.

“Daar is ook duidelike kennisgewings oor watter tye hulle daar mag stap, indien dit op die strand toegelaat word.”

Clifton se hoofstrand is egter ’n strand waar dit nie toegelaat word nie, het hy gesê.

Hy het bygevoeg loslopende honde is veral ’n probleem in die Houtbaai-omgewing.

Geen honde word in die somerseisoen van 1 November tot 30 April tussen 09:00 en 18:00 op die stad se strande toegelaat nie.

“Daar is sekere strande waar dit toegelaat word dat honde los loop, soos by Mouillepunt se vuurtoring,” het hy gesê.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stadsraad se rampbestuurafdeling, het gesê Smith is met R1 500 beboet omdat hy met sy hond op die strand geloop het.

Die hond is ook by hom afgeneem.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: rottweilers  |  honde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.