Meisie ernstig beseer ná duikongeluk
2010-09-02 22:19
Kaapstad – ‘n 15-jarige meisie is in ‘n ernstige toestand ná ‘n duikongeluk Donderdagmiddag in ‘n swembad in Eden Glen, het Netcare 911 gesê.
Die meisie het glo in die swembad ingeduik en haar kop op die bodem gestamp.
Sy het na die oppervlak gekom, maar het alle gevoel in haar onderlyf verloor.
Die meisie se familie het ‘n buurman gekontak en hy het daarop aangedring dat sy op die oppervlak gelaat word totdat paramedici op die toneel kom om enige verdere skade aan haar ruggraat te verhoed.
Kobus Steyn van Netcare 911 het die meisie sorgvuldig uit die water gehaal.
Sy is met die Netcare 1 helikopter na die Charlotte Maxeke hospitaal geneem vir verdere behandeling..
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA