Meisie dood, vyf beseer in Witbank-ongeluk
2012-01-12 16:57
Johannesburg – ‘n Meisie het gesterf en vyf mense is beseer toe ‘n bakkie van agter af teen ‘n stilstaande motor gebots het langs die N12 buite Witbank, het paramedici Donderdag gesê.
“’n Sesjarige meisie, wat in die motor was, is op die toneel dood verklaar deur paramedici,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
“’n Vierjarige seun, wat ook in die motor was, is in ‘n kritieke toestand nadat hy nek-, rug- en inwendige beserings opgedoen het,” het hy gesê.
“Die drie volwassenes in die motor en die bestuurder van die bakkie het nek- en rugbeserings opgedoen.”
Volgens Banks is die vyf beseerdes na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA