Meisie (8 maande) in sportsak gelos

2010-03-17 06:12
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius, Die Burger

Kaapstad-’n Agt maande oue baba wat op ’n vullishoop in Lotusrivier hier vir die dood agtergelaat is, sterk in die hospitaal aan nadat sy deur ’n inwoner gered is.

Die baba, wat Maandag omstreeks 15:00 op ’n vullishoop in die informele nedersetting Phumlani Village naby Grassy Park gevind is, se identiteit is nog onbekend.

’n Onbekende man wat van sy rommel ontslae geraak het, het op die baba, wat in ’n sportsak en swart plastieksak was, afgekom toe sy begin huil het.

Volgens insp. Ian Leibowitz, polisiewoordvoerder van Grassy Park, is die baba vir ontwatering en diarree behandel. Sy sterk in die Victoria-hospitaal in Wynberg aan.

“Ons vermoed die baba is van die gebied. ’n Saak van kinderverlating word ondersoek.

Zodwa Yose (21), wat reg oorkant die ashoop bly, het Dinsdag gesê sy het niemand by die ashoop met die sak gesien nie. “Ons het nooit ’n baba hoor huil voor die man op haar afgekom het nie. Sy kon nie baie lank daar gelê het nie.”

Mnr. Patric Solomons, direkteur van Molo Songololo, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte van kinders, het gister gesê hulle is baie bly dat die baba gevind is en nou versorg gaan word.

“Ons hoop daar sal ’n volledige ondersoek gedoen word na die omstandighede rondom die voorval.”

Solomons het gesê veral jong vroue wat swanger word, kry nie altyd die ondersteuning wat hulle nodig het nie. “Daar is ’n groot behoefte aan ondersteuning vir jong ma’s. Mense moet hul regte ken en weet wat hul opsies is.”

Volgens Samantha Waterhouse van die organisasie Rapcan, wat die regte en beveiliging van kinders bevorder, kan daar verskeie redes wees waarom ’n ma haar kind “weggooi”.

“Dit kan persoonlike, emosionele of geldelike probleme wees wat ’n ma so ver dryf om haar kind te verlaat.”

Volgens haar is een van die probleme dat mense wat nie daarvoor gereed is nie, kinders kry. Hulle kan nie die verantwoordelikhede van ouerskap hanteer nie.

“Daar is nie goeie programme om ouers by te staan nie. Hulle weet dan nie wat om te doen of waarheen om te gaan nie.

“Die staat het nie sterk programme in plek om die situasie te verbeter nie.” Waterhouse het gesê ’n tekort aan maatskaplike werkers dra tot die probleem by.

Bethany O’Connor, direkteur van Babysafe, ’n organisasie in Vishoek wat ma’s in staat stel om hul babas by ’n veilige plek af te gee, het gesê hulle werk met vroue wat swanger is en voorsien ook nageboorte-ondersteuning.

Babysafe het ’n sogenaamde “babydrop”, ’n plek waar ’n ma haar kind anoniem, wettig, veilig en enige tyd van die dag of nag kan gaan afgee as sy die kind nie meer wil hê nie.

Die houer waarin die baba geplaas kan word, staan by die King of Kings Baptistekerk in Vishoek.

“Die boks het ’n rekenaarstelsel wat ’n oproep na drie verskillende mense stuur sodra ’n baba in die boks gesit word. Die oproepe sal aanhou totdat iemand daarop reageer.”

Volgens O’Connor is die aflaaiboks in sy jaar lange bestaan nog nie gebruik nie.

Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Wil Cosatu dan pleit dat as swart jongmense huisbraak pleeg en van witmense steel dat hulle net vrygespreek en verskoon moet word? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.