Meisie (8) glo in bure se sorg verkrag
2010-10-06 13:04
Oos-Kaap - 'n Agtjarige meisie is verkrag nadat sy in die sorg van haar bure in Butterworth in die Oos-Kaap gelaat is, het die polisie Woensdag gesê.
Die kind se ma het haar by die bure se huis in die Zenzele-informele nedersetting gelos toe sy Dinsdag 'n dokter gaan sien het, het kapt. Jackson Manatha gesê.
"Toe sy terugkeer het die kind gehuil en na haar geslagsdele gewys. Die ma het die kind ondersoek en gesien dat sy bloei," het Manatha gesê.
"Sy het tot die slotsom gekom dat die kind verkrag is. Sy het nie geweet wie die skuldige is nie omdat die bure die kind in die straat laat speel het."
Die polisie ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA