Meisie (8) glo deur haar broer verkrag
2010-03-07 22:02
Johannesburg - ‘n Agtjarige meisie is na bewering deur haar broer by hulle huis in Engcobo verkrag, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.
Volgens supt. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het die 24-jarige man sy jonger suster vekrag terwyl hulle Sondagoggend alleen by die huis was.
“Hy het op die vlug geslaan en die polisie is steeds op soek na hom,” het Fatyela gesê.
– Sapa