Meisie (7) verdrink in swembad
2011-10-04 08:01
Bloemfontein – 'n Sewejarige meisie het in 'n swembad by haar ouerhuis in Bloemfontein in die Vrystaat verdrink, het paramedici Dinsdag gesê.
Die meisie het naby die swembad gespeel toe sy Maandag in die water geval het, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Dit is nie bekend hoe lank die kind in die water was voor die familie haar gevind het en kardiopulmonale resussitasie (KPR) uitgevoer het nie.
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle 30 minute gespook om die kind by te bring, maar sy het gesterf, het Wicks gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA