Meisie (5) verdrink in swembad
2011-12-21 17:30
Durban – 'n Vyfjarige meisie het Woensdag in 'n swembad by 'n huis in New Germany, Pinetown, verdrink, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
"Daar word vermoed dat die dogterjie teen die kant van die water gespeel het toe sy in die swembad geval het," het Netcare911-woordvoerder Jeff Wicks gesê.
Die meisie is deur 'n familielid, wat haar drywend in die swembad gevind het, uit die water getrek.
"Met ons aankoms het ons die nodige behandeling op haar toegepas, maar die dogterjie is op die toneel dood verklaar," het Wicks gesê.
Volg Nuus24 op Twitter