Meisie (5) se toestand verswak ná kobra-pik

2011-12-23 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die vyfjarige Mikayla Robbertse van Lephalale (Ellisras) wat vandeesweek deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is, se toestand het skielik verswak.

Haar ouma, Charmaine, het Donderdag gesê haar lewer het vergroot en dokters is bekommerd oor haar niere.

Dit lyk boonop of die weefsel tot in haar borskas deur die slang se gif aangetas is.

“Die dokters het gesê as ons haar net kan deurtrek tot Sondag... ek het daarom maar al die kinders na Pretoria laat kom.”

Mikayla is intussen oorgeplaas van die Netcare-Montana-hospitaal na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria, omdat haar gesin nie tot ’n siekefonds behoort nie.

Sy word nou in Steve Biko se waakeenheid behandel.

Die slang het haar Maandagaand in haar bed gepik.

Die Robbertse het haar dadelik na die Lephalale-staatshospitaal gebring waar sy teengif gekry het.

Sy is van daar na ’n private kliniek en toe na Pretoria.

“Hulle het van die begin af vir ons gesê haar toestand kan binne sekondes versleg. Haar lyfie is so klein, nou moet haar lewer hard werk om die gif en medisyne te hanteer.”

Volgens mev. Robbertse weeg Mikayla net 15 kg. Sy is glo baie swak.

Volgens prof. Graham Alexander, slangkenner aan die Universiteit van die Witwatersrand, beweeg die molekule in ’n Mosambiekse spoegkobra se gif baie vinnig deur weefsel.

Dit kan plekke van nekrose weg van die bytplek veroorsaak en in die heel ergste gevalle kan mense nog maande lank weefsel verloor.

Mev. Robbertse het gesê die dokters gaan nog eers wag voordat hulle dooie weefsel begin wegsny.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.