Meisie (3) se lyk in wingerde gevind
2011-05-11 14:50
Kaapstad – Die lyk van 'n driejarige meisie is Maandag tussen wingerde op die plaas Rondom op Vredendal gevind, het die polisie Woensdag gesê.
Die kleuter is verskeie houe teen die kop toegedien.
Die polisie se November Filander het gesê 'n saak van moord word ondersoek.
"In die stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie. Alle leidrade word opgevolg."
Hennie Nel, woordvoerder van die Vredendal-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gesê die meisie se ouers is arm plaaswerkers wat in baie slegte toestande woon.
Hy het ook gesê die ouers het dikwels hul dogter alleen gelaat.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter