Meisie (3) kritiek na verkragting
2010-01-05 15:59
Johannesburg – ‘n Agttienjarige tiener is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n driejarige meisie in Alexandria, Port Alfred verkrag het, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê.
Volgens kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, is die kind Maandagoggend verkrag nadat haar ma haar in die huis toegesluit het.
“Die kind was alleen tuis. Haar ma het later die dag teruggekeer en gesien dat die deur oopgebreek is. Sy het die kind in ‘n plas bloed op die bed gevind. Die bure het die polisie gekontak,” het Govender gesê.
Die verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem.
Die kind is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
–Sapa