Meisie (2) verkrag en verwurg
2009-09-28 13:30
Durban - ‘n Tweejarige meisie is dood ná sy deur ‘n man verkrag en verwurg is by die KwaMashu-jeugherberg buite Durban, sê die polisie.
Volgens konst. Mumsy Mfeka, polisiewoordvoerder, is die verdagte Saterdag in hegtenis geneem.
Na bewering het die kind se ma by ‘n ander kamer in die herberg gaan kuier toe ‘n man haar aangeval het.
“Sy het weggehardloop en haar kind agtergelaat. Met haar terugkeer het sy op haar kind se liggaam afgekom,” het Mfeka gesê.
–Sapa