Meisie (2) sterf ná fratsongeluk
2011-09-07 16:37
Kaapstad – McKaylin Crouwkamp (2), wat in Desember aan 'n oplosbare pediatriese pil verstik en breinskade opgedoen het, het gesterf, het Huisgenoot Woensdag getweet.
Sy wou opgooi, maar kon nie en die melk wat sy kort vantevore gedrink het, het in haar longe beland.
McKaylin was Gideon en Celeste Crouwkamp van Stilfontein se enigste kind, het Beeld vroeër berig.
Die afgelope ruk is McKaylin in die Medi-Clinic in Potchefstroom. Haar longe was swak en sy het erge konvulsies gekry. Sy was deurentyd aan suurstof gekoppel en het buisvoeding ontvang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24