Meisie (2) glo deur haar ouers vermoor
2010-11-04 21:10
Kaapstad – Die ouers van 'n tweejarige meisie is Donderdag in hegtenis geneem nadat haar lyk in 'n bos in Mfuleni naby Kaapstad gevind is, het die polisie gesê.
Ao. November Filander het gesê ná 'n ondersoek is die kind se 35-jarige ma en 38-jarige pa van die vermoorde kind is op aanklag van kindermishandeling en kinderverwaarlosing in hegtenis geneem.
Hy het gesê die polisie was besig met roetinepatrollies in die gebied toe hule omstreeks 02:00 deur Petronella Geyser se ouers genader is.
Die polisie het 'n soektog van stapel gestuur en die kind se lyk is omstreeks 07:00 deur een van die ouers onder 'n boom langs die Happy Valley-informele nedersetting gevind.
"'n Voorlopige ondersoek op die toneel toon dat die kind moontlik verkrag en versmoor is," het Filander gesê.
Die ouers verskyn Vrydag in die Mfuleni-landdroshof.
Filander het gesê die polisie in die Wes-Kaap is bekommerd oor die mishandeling en verwaarlosing van jong kinders.
Volg Nuus24 op Twitter