Meisie (12) verdrink glo weens swaar reën

2010-11-11 06:42
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Botshabelo - Die ma van ’n 12-jarige meisie, wat in ’n rivier in vloed hier geval en vermoedelik verdrink het, het geen meer hoop dat haar kind lewend gevind sal word nie.

Cecilia Make het Woensdag op haar bed in hul huis in Botshabelo gelê en met tye hartstogtelik oor haar dogter Tebalo gehuil. “Ek verwag dat die polisie my kind se lyk gaan kry.”

Ao. Kallie Kaalsen en konst. Philip Lombard, albei van die polisie se duikeenheid in Bloemfontein, en ao. Fanie du Plessis van die Bethlehem-honde-eenheid met die hond Xander het Woensdag hard na die meisie gesoek.

Ander polisielede was ook op die toneel.

Die meisie is nog nie gevind nie en die soektog duur vandag voort.

Die meisie was Dinsdagmiddag ná skool saam met ander kinders op pad huis toe toe sy in die Kleinmodderrivier tussen T- en S-seksie geval het. Weens stormreën het dié rivier volgens konst. Consolation Mokoale, polisiewoordvoerder, baie vinnig gevloei.

Die ma het intussen bekommerd geraak oor moontlike vloede en gestap om haar kind te gaan haal. Sy het ’n seun raakgeloop wat by Tebalo was toe sy in die rivier geval het en hy het haar vertel wat gebeur het.

“Ek het niks krag nie,” het die ma gesê.

Volgens haar was Tebalo ’n gedissiplineerde en stil kind.

“Sy wou eendag ’n sanger word.”

Die meisie het ook daarvan gehou om te dans.

Die kind se pa, France, susters, Lerato (7), Mathapelo (17) en Nthabeleng (22), en broer, Molefi (19), is almal deur haar dood geruk.

Die ma moedig ouers en onderwysers aan om vir kinders te sê hulle moet nie alleen loop as dit reën nie.

- Volksblad

Lees meer oor: vloede  |  reën

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.