Meisie (12) by skool doodgeskiet
2010-01-26 16:17
Johannesburg – ‘n 12-Jarige skoolmeisie is Dinsdagmiddag in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet, het die polisie gesê.
“Die meisie het buite ‘n klaskamer gestaan, toe ‘n 25-jarige man haar doodgeskiet het,” het supt. Mzukisi Fatyela gesê.
‘n 30-Jarige klerk by die Jongingaba Sekondêre skool is ook in die voorval gewond.
Volgens Fatyela was daar gerugte dat die moordenaar doodgemaak is.
“Die skool is in ‘n plattelandse gebied geleë. Sodra polisiebeamptes die skool bereik, sal meer inligting beskikbaar wees.”
- Sapa