Meisie (11) op pad winkel toe verkrag
2011-11-23 14:04
Oos-Kaap – 'n Elfjarige meisie is in Gqobonco in Mthatha verkrag toe sy op pad winkel toe was, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die meisie was Dinsdag op pad winkel toe, toe die voorval plaasvind, het lt.kol. Mzukisi Fatyela gesê.
"Die man het haar met 'n mes genader en gedreig om haar dood te maak voor hy haar verkrag het," het Fatyela gesê.
"Die polisie weet wie die man is omdat hy in die gebied woon, ons behoort hom binnekort in hegtenis te neem."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA