Meisie (10) verdrink in swembad
2010-02-06 21:06
Johannesburg – ‘n 10-jarige meisie het Saterdagmiddag in ‘n munisipale swembad in Pinetown, KwaZulu-Natal verdrink, het nooddienspersoneel gesê.
Volgens Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, het die meisie in die Lahee Park-swembad geswem toe ‘n lewensredder omstreeks 17:00 gesien het dat sy in nood verkeer.
Beide die lewensredder en paramedici het onverpoos gewerk om die meisie se lewe te red. Sy het egter op die toneel gesterf.
Nuus24 het vroeër berig dat ‘n 13-jarige seun Vrydag in ‘n munisipale swembad in Merebank, Durban verdrink het. Na bewering het hy saam met klasmaats geswem toe iemand op hom gespring het in die water en hy sy bewussyn verloor het.
– Sapa