Meisie (10) val van brug
2011-12-22 22:17
Johannesburg – 'n Tienjarige meisie is dood nadat sy van 'n brug op die N2-hoofweg in Durban geval het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Paramedici het die meisie se liggaam omstreeks 14:00 in die middel van die hoofweg onder die Ridgeview-weg brug gevind, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
"Dit is nog nie bekend wat die meisie op die brug gedoen het nie. Dit is ook nie bekend hoe sy geval het nie."
Volgens Wicks gaan die meisie se dood ondersoek word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA