Meisie (10) op pad skool toe verkrag
2009-09-14 19:57
Willowvale - 'n Meisie (10) is Maandag deur 'n 19-jarige man in Willowvale in die Oos-Kaap verkrag nadat hy haar gegryp het terwyl sy en 'n groep kinders skool toe gestap het.
Sy het saam met 'n groep kinders gestap toe dié man na bewering verskyn en haar gegryp het, het kapt. Jackson Manatha gesê.
Die ander kinders het daarin geslaag om weg te kom toe hy haar agternasit.
Die man het die kind na 'n bosserige gebied geneem waar hy haar verkrag het.
Die man, wat aan die plaaslike inwoners bekend is, het van die toneel gevlug.
Die polisie sal na verwagting binnekort iemand in hegtenis neem.
- Sapa