Meesterbrein agter transito-rooftogte vas
2010-01-24 23:14
Johannesburg – ’n Man wat glo ’n meesterbrein agter verskeie transito-rooftogte is, is Saterdag in Boksburg in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
"Die inhegtenisneming van dié verdagte bring ons al nader aan ons doelwit om die 10 mees gesoekte verdagtes agter transito-rooftogte in twee weke vas te trek en daar is nog sewe dae oor om te gaan,” het Musa Zondi, ’n polisiewoordvoerder gesê.
“Die man was na bewering betrokke by sowat ses transito-rooftogte wat vanaf 2001 tot verlede jaar plaasgevind het.”
“Dit sluit rooftogte in Mondeor, Tsakane, Tokoza, Boksburg (2), Eesterus en Katlehong in. Hy het ook in 2001 uit ’n gevangenis in Witbank ontsnap,” het hy gesê."
Nóg oortredings en misdade kan by sy saak gevoeg word, soos moord en die diefstal van vuurwapens, het hy bygevoeg.
-Sapa