Meeste weeskinders is in KwaZulu Natal
2011-11-24 22:01
Durban – Weens ‘n kombinasie van politieke geweld en
die verspreiding van MIV/Vigs is KwaZulu Natal die provinsie met die meeste
weeskinders.
Premier Zweli Mkhize het Donderdag die
halfjaar verslag aan die KwaZulu Natal wetgewende liggaam gelewer.
Hy het gesê dat die provinsie ‘n manier moet
vind om die toenemende aantal weeskinders in dié provinsie, die hoof te bied.
“Oorspronklik was trekarbeiders ‘n groot
probleem in die provinsie, maar die gevolge van politieke geweld het ‘n geweldige
impak op die toename van weeskinders gehad,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die situasie vererger word
deur die verspreiding van MIV/Vigs.
“Die saak moet dringend aangespreek word,
aangesien meer as 30% van die land se weeskinders, in dié provinsie is,” het hy
gesê.
Die Lungisisa Indlela Village, ‘n dorp vir
weeskinders, is in samewerking met nieregeringsorganisasies en die
privaatsektor gebou in ‘n poging om die kwessie aan te spreek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA