Meeste steun Mogoeng

2011-09-05 06:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Regter Mogoeng Mogoeng gaan waarskynlik Suid–Afrika se nuwe hoofregter word.

Op goeie gesag word verneem die meerderheid (16 teenoor 7) van die Regterlike Dienskommissie (RDK) se 23 lede het in ’n geheime stemming hul steun aan pres. Jacob Zuma se enigste kandidaat toegesê.

Hy is deur Zuma benoem om regter Sandile Ngcobo te vervang wat in Julie aangekondig het hy gaan nie – soos deur Zuma versoek – aanbly in die pos ná die verstryking van sy termyn nie.

Mogoeng is die afgelope naweek bykans tien uur lank in die openbaar ondervra waartydens RDK-lede hom oor die fel kritiek teen sy benoeming uitgevra het.

Hy het Saterdag in ’n stadium “geknak” en sy humeur verloor, maar het Sondag sterk steun van veral ANC-lede in die RDK gekry. Die meeste van die kommissarisse is ANC-kaders.

Die onderhoud het Sondagmiddag op ’n vurige noot geëindig toe Koos van der Merwe (IVP) Mogoeng versoek het om hom aan die proses te onttrek.

’n Onderonsie tussen Jeff Radebe, minister van justisie, en Van der Merwe het gevolg waarna adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke, RDK-voorsitter, beslis het dié versoek is buite orde.

Mogoeng, ’n diep gelowige, het vroeër gesê hy het dit nooit oorweeg om hom te onttrek nie – deels omdat hy vertroue het in Zuma se “wys­heid” om hom te benoem. Hy het oor die kwessie gebid. “Ek het ’n teken gekry dat dit die regte ding is. Ek dink God wil hê ek moet die hoofregter wees.”

Mogoeng is gevra of hy die regte temperament vir die pos het na aanleiding van ’n kort, vurige woordewisseling tussen Moseneke en Mogoeng. “Ek is nie God nie, ek is ’n mens,” was Mogoeng se verweer oor sy uitbarsting.

Van der Merwe het dit egter prontuit gestel Mogoeng is nie ’n geskikte kandidaat nie, omdat hy “geknak” het en nie sy humeur kan beteuel nie.

Mogoeng het vrae oor sy beweerde “patriargale ingesteldheid”, gebrekkige etiese waardes en “onsensitiwiteit” teenoor vroueregte en dié van minderhede driftig beantwoord en aangevoer ’n “verwronge beeld” van hom is die buitewêreld ingestuur.

“Dank die Here ek kon my saak stel. Noudat almal dit weet, kan ek sê: Moenie geskok wees nie, kalmeer en vat dit rustig. Dit (die besware) is nie so erg as wat dit lyk nie, julle het julle misgis,” het Mogoeng gesê toe adv. Hendrik Schmidt (DA) hom daaroor gepols het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: mogoeng mogoeng

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.