Meer as 7 000 het al Gautrein gebruik
2011-08-02 18:08
Kaapstad - Meer as 7 000 passasiers het reeds die Gautrein gebruik sedert die trein Dinsdagoggend vir die eerste keer tussen Hatfield in Pretoria en Rosebank in Johannesburg gery het.
Ismael Vadi, die Gautengse LUR vir vervoer, sê dit is duidelik dat 'n toenemende aantal mense bereid is om die sneltrein as hul voorkeur-vervoermiddel te gebruik.
Hy sê die Gautrein het aan die wêreld bewys dat Suid-Afrika veilige, vinnige en gemaklike vervoer kan verskaf.
'n Rit van Hatfield na Rosebank kos R46 en sal pendelaars duisende rand en ure aan reistyd bespaar.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.