Meer as 700 reeds dood op SA paaie
2011-12-20 20:20
Johannesburg – Die aantal mense wat sedert die begin van die feestyd op die land se paaie dood is, staan nou op 710, het die Padverkeersbestuurkorporasie gesê.
Volgens die weeklikse verslag van die korporasie het die meeste sterftes en beserings in 'n enkele ongeluk, in die Vrystaat voorgekom waar agt mense dood en 14 beseer is tussen Kroonstad en Koppies.
Spoed, nalatige bestuur en uitputting bly die grootste oorsake van ongelukke. Die korporasie verwag dat die verkeer voor die Kersnaweek op alle roetes sal toeneem.
Sowat 592 ongelukke wat tot die dood van 710 mense gelei het, is tussen 1 en 19 Desember aangemeld, het Ashref Ismail, woordvoerder van die korporasie, gesê.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA