Meer as 5 skote op Kebble - na geweer 2 keer faal

2010-07-26 16:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Volgens Mikey Schultz, die man wat glo die sneller getrek het om die mynmagnaat Brett Kebble dood te maak, het sy poging om Kebble te skiet twee keer misluk.

“Ek het by die motorvenster uitgehang en die vuurwapen op hom gerig. Hy het net sy regterskouer ietwat gelig en reg voor hom gekyk. Ek het vir sy kop gemik en die sneller getrek.

“Die geweer het egter nie afgegaan nie,” het Schultz getuig.

Volgens hom het hy, Faizel Smith en Nigel McGurk toe weggery. Nadat Schultz die vuurwapen ondersoek het, het hul ‘n U-draai gemaak en teruggekeer na waar Kebble was.

“Ek het weer die vuurwapen op hom gerig en dit wou weer nie afgaan nie.”

Schultz glo toe vir Kebble gesê om vir hom te wag. Die drie verdagtes het weereens weggejaag en vir ‘n tweede keer omgedraai.

Met hul terugkeer was Kebble se motor egter nie waar hul hom gelaat het nie.

“Ons het ons motor gestop en gesien hoe Kebble reguit op ons afry. Ons het ons ligte vir hom geflikker. Hy het ‘n U-draai gemaak en reg langs ons gestop.

“Ek kon die teleurstelling in sy oë sien. Dit was duidelik dat hy dit net oor en verby wou kry.”

Weer het Schultz uit die venster gehang en vir Kebble se liggaam gemik.

“Die derde keer het die skoot afgegaan en ek het net aanhou vuur. Ek weet nie hoeveel keer nie, maar dit was meer as vyf keer,” het Schultz in die hof getuig.

Daarna het die drie verdagtes weggejaag.

Schultz het verder vertel dat hy na die skietery die vuurwapen met ‘n blaaslamp vernietig het.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: mikey schultz  |  brett kebble  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sambok sê... Die leierskap moet aan die een gaan met die laagste skool kwalifikasie dis mos die meriete waarop hulle werk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.