Meer as 1000 misdadigers in Oos Kaap vas
2011-11-29 19:10
Port Elizabeth – Die Oos Kaapse Operation Duty Calls-veldtog het tot die inhegtenisname van meer as 1000 misdaditgers gelei.
Dié projek is verlde maand geloods.
Die wat in hegtenis geneem is word vir
verskeie misdade gesoek, insluitend kardiefstal, kaping en die besit van gesteelde
goedere, het luitenant-kolonel Sibongile Soci gesê.
Mkhululi Mpuso en Mkhulseli Gada, twee van die
provinsie se mees gesoektes, is 4 November in hegtenis geneem.
Gesteelde goedere ter waarde van R250 000 is
op beslag gelê en onwettige vuurwapens ammunisie is gekonfiskeer.
Die Oos Kaapse polisie het sedert Oktober 2011
dagga met ‘n straatwaarde van R500 000 gekonfiskeer.
Volg Nuus24 op Twitter.