Meer MIV, minder mense
2009-07-27 14:32
Die aantal persone wat MIV-positief is in Suid-Afrika het vanaf 4,1 miljoen in 2001 na 5,2 miljoen in 2009 gestyg.
Dit is volgens ‘n verslag uitgereik deur Statistiek Suid-Afrika.
Sowat 10.6% van die bevolking is MIV-positief.
Ander interessante statistieke:
Die Suid-Afrikaanse bevolking staan in middel van 2009 op sowat 49,32 miljoen.
Hiervan is swartmense in die meerderheid met 39,14 miljoen.
Daar is sowat 4,47 miljoen witmense in die land en 4,43 miljoen bruinmense.
Die Indiese en Asiese gemeenskappe maak sowat 1,28 miljoen van Suid-Afrika uit.
Volgens Statistiek SA is sowat 52% van Suid-Afrikaners vroulik.
Die bevolkingsgroei het tussen 2001 en 2009 afgeneem.
Sowat 7.5% van die bevolking is ouer as 60 jaar.
–Sapa