Mediese bedryf wil dié wet vryspring

2011-07-13 08:57
Tweets Share Share line Print

Pretoria – As instellings in die mediese bedryf wil aansoek doen om vrystelling van die Wet op Verbruikersbeskerming, sal hulle moet bewys daar is bestaande wetgewing wat die publiek ewe goed beskerm teen swak diens of produkte.

Dit geld ook vir owerhede soos die Raad op Mediese Skemas (RMS) en Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) wat glo die moontlikheid van sulke aansoeke bespreek.

Matthew Gibson van die regsfirma Edward Nathan Sonnenbergs, ’n kenner van die Wet op Verbruikersbeskerming, het vandeesmaand by die Raad op Gesondheidsorgfinansiers (RGF) se konferensie in Sun City gesê die RMS voer aan die Wet op Mediese Skemas beskerm reeds die publiek.

Daar is egter groot konflik tussen mediese skemas en die RMS juis omdat die wetgewing oor byvoorbeeld die dekking vir voorgeskrewe minimum voordele (VMV) verskillend geïnterpreteer word. Wanneer mediese rekeninge deur fondse afgekeur word, is dit dan juis verbruikers wat benadeel word. Die VMV-kwessie gaan in September in die hof uitgeklaar word.

Gibson het gesê selfs al word mediese fondse van die Wet op Verbruikersbeskerming onthef, sal hulle ’n paar veranderings moet maak om die publiek behoorlik te beskerm.

Na betroubaar verneem word, het die MBR ’n aansoek bespreek om geregistreerde medisyne, soos voorskrifmiddels, te onthef van die Wet op Verbruikersbeskerming.

Die MBR het nie voldoende regulasies ingestel om die publiek behoorlik te beskerm teen aanvullende en alternatiewe medisyne (AAM), soos kruiemedisyne, waaroor vals aansprake gemaak is of wat van swak gehalte is of besmet is nie.

Gibson het by die konferensie gewaarsku dat verskaffers van middels (soos AAM) wat nie deur die MBR goedgekeur is nie, ’n risiko loop.

Hy het aan Beeld gesê volgens die wet kan daar van almal wat betrokke is by die verspreiding van ’n produk verwag word om pa te staan vir die kwaliteit daarvan. ’n Winkel sal moet bewys hy is vrygestel van aanspreeklikheid as iets skeefloop en ’n verbruiker geskaad word.

Dit kan in teorie beteken dat groot apteekgroepe, wat ongetoetste of ongereguleerde kruiemiddels in hul voorwinkels verkoop, sal moet bontstaan indien so ’n middel onveilig is of met valse aansprake verkoop word.

Die MBR het verlede jaar belowe voorgestelde regulasies vir alternatiewe en aanvullende medisyne (insluitend kruieprodukte) word “binnekort” gepubliseer vir kommentaar, maar dit het nog nie gebeur nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.