Media wil steeds met Zuma vergader
2010-05-01 21:31
Johannesburg - Verskeie lede van die media wil steeds met pres. Jacob Zuma vergader om kwessies rondom vryheid van die media te bespreek, het die Nasionale Persklub Saterdag gesê.
Yusuf Abramjee, voorsitter het gesê die manier waarop Julius Malema, ANC-Jeugliga president, 'n Britse joernalis gehanteer het, sal ook bespreek word.
Volgens hom het 'n hele aantal media-organisasies, politieke joernaliste en ander lede van die media, verlede maand in Sandton vergader om Malema se verhouding met die media te bespreek.
"Daar was toe tot die slotsom gekom om 'n vergadering saam met Zuma te belê omdat hy die leier van die ANC is. Ons versoek is ingehandig en die Presidensie het aangedui dat 'n datum nog gefinaliseer moet word," het Abramjee gesê.
Hy het gesê Zuma het Vrydag met sekere redakteure in Pretoria ontmoet, maar 'n versoek is gerig dat hy met afgevaardigdes van verskeie media organisasies moet ontmoet.
"Ek het weereens ons versoek vir 'n aparte vergadering met pres. Zuma herhaal en wag nou vir 'n datum vanaf die Presidensie," het Abramjee gesê.
- Sapa