Media 'vyandig' teen regering – Manyi
2011-06-21 14:14
Kaapstad – Jimmy Manyi, kabinetswoordvoerder, het Dinsdag in 'n radio-onderhoud gesê die media is "vyandig" teenoor die regering.
"Hoekom is die media so vyandig teenoor die regering? Veral drukmedia," het Manyi aan die 702-omroeper John Robbie gevra.
Dít volg ná 'n vergadering verlede week tussen Manyi en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) waar regeringsplanne om mediagroepe vir advertensies te betaal, bespreek is.
Ferial Haffajee, redakteur van City Press, het gesê Manyi het die vergadering as "kragtig" beskryf, terwyl Sanef gesê het dit was "onbeskof".
Manyi het Dinsdag gesê hy is geskok deur die gebrek aan eer wat in die debat oor die staat se verhouding met die media bespreek is.
Volg Nuus24 op Twitter
- News24