Media span saam teen wet op inligting

2010-08-05 07:18
Tweets Share Share line Print

Die Burger

JOHANNESBURG. – ’n Aksiekomitee van joernaliste en redakteurs is Woensdag gestig om te keer dat die Wet op die Beskerming van Inligting, asook die voorge­stelde mediatribunaal, ’n werklikheid word.

Die ANC het reeds in 2007 op sy Polokwane-konferensie ’n resolusie aanvaar dat so ’n tribunaal ondersoek en geskep word.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het die mag om sy lede te enige tyd aan te sê om so ’n konsepwet aan die parlement voor te stel.

Die aksiekomitee wil daaroor met die ANC en sy alliansievennote in gesprek tree.

Ferial Haffajee, redakteur van City Press, en Tim du Plessis, redakteur van Beeld, is onder die komiteelede.

Raymond Louw van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Woensdag op ’n vergadering van mediawerkers gesê daar is die afgelope tyd ’n klimaat van verdrukking veral met die proses rondom sekere wetsontwerpe.

Hy meen optrede soos die inhegtenisneming van joernaliste, die dreigemente aan fotograwe en om hul foto’s uit te vee, asook om verslaggewers uit howe te gooi en die weiering van staatsdepartemente om inligting beskikbaar te stel, skets ’n donker prentjie.

Volgens Louw is daar sowat 12 wette uit die apartheidsera wat die regering die afgelope 15 jaar, ondanks verskeie versoeke deur Sanef, nie hersien, verander of geskrap het nie.

Haffajee meen verslae moet opgestel word om te kyk hoe die media oor die regering, die ANC en sy alliansievennote berig

“Gister op ’n vergadering met die ANC het ek gevind daar is ruimte om met die ANC te onderhandel... ek sal eerder samesprekinge as ’n openlike boikot ondersteun,” het sy gesê.

Talle mense in die bedryf meen ’n “aggressiewe veldtog” moet van stapel gestuur word om te waarsku teen die gevare van die voorgestelde wetgewing en hoe dit mediavryheid kan kelder.

Karima Brown, aangewese adjunkredakteur van die beplande The New Age, waarsku die media kan ’n klimaat skep waar hulle en die ANC verby mekaar praat.

“As jy nie die ANC nader nie, hoe anders gaan jy hulle kry om na jou te luister?” het sy teen ’n boikot gewaarsku.

“Die ANC is nie een homogene groep nie. As ons slim wil boks, behoort ons vennote binne die ANC, die regerende alliansie en burgerlike organisasies te kry. Cosatu, om maar een te noem, is ’n ondersteuner van die media.”

Die Gupta-groep, wat baie naby aan die ANC en pres. Jacob Zuma is, finansier The New Age.

Prof. Anton Harber, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se joernalistiekdepartement, het gewaarsku die media moet besef elke fout wat hulle nou maak, sal gebruik word om hulle mee te looi.

Mondli Makhanya, redakteur van die Avusa-groep se koerante, het Woensdag gesê Media24, Independent Newspapers en Avusa het in beginsel geld beskikbaar gestel om ’n veldtog te voer om mediavryheid te verseker.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: joernaliste  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.