Media sal wél matriekuitslae publiseer

2011-10-13 08:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Vanjaar se matrikulante se uitslae sal wél volgende jaar deur geakkrediteerde media-instansies bekend gemaak word.

Dít kom nadat groot verwarring Woensdag ontstaan het toe die departement van basiese onderwys aangevoer het die uitslae gaan nie meer beskikbaar gestel word nie omdat media-instansies nie voor die sperdatum van 30 September aansoek gedoen het om dit te publiseer nie. Net twee koerante het betyds aansoek gedoen.

Die departement het die datum vir aansoeke tot 26 Oktober uitgestel sodat instansies hulle van die norme en standaarde vir die publikasie van die uitslae kan vergewis.

Panyaza Lesufi, woordvoerder van die departement, het op ’n inligtingsessie in Pretoria gesê ’n gesprek oor die bekendmaking van die uitslae is nodig nadat die Jong Kommunisteliga (JKL) ook onlangs besware hieroor geopper het.

Die liga meen die bekendmaking van die uitslae het ’n negatiewe impak op leerlinge wat druip of nie hul name in die koerante sien nie. Gemeenskappe stigmatiseer ook dié kandidate en in sommige gevalle lei dit selfs tot selfmoord.

Lesufi het gesê daar is ook kommer en ontevredenheid oor media-instansies wat die uitslae voor die vasgestelde embargo-tyd bekend maak. Die voorlopige besluit is dat skole eers die uitslae op 5 Januarie kry, terwyl die media dit die volgende dag kan publiseer.

Die departement sal ook kyk na voorskrifte soos dat duidelik aangedui moet word waar kandidate kan aanklop indien hul name nie verskyn nie.

Nog ’n kwessie wat uitgeklaar moet word, is of kandidate se name of eksamennommers gebruik moet word.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal nadat sy alle kommentaar oorweeg het, volgende week ’n finale aankondiging doen.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: matrieks  |  matriekuitslae

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.