Media kan gestraf word oor dié inligting

2010-05-21 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die media kan binnekort swaar gestraf word vir die besit en bekendmaking van geklassifiseerde staatsinligting.

Die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting maak dit nie net verpligtend om die besit van geklassifiseerde inligting aan die owerhede bekend te maak en dit terug te gee nie, maar plaas ook ’n onus op die howe om geklassifiseerde inligting wat in hofsake gebruik word, te beskerm.

Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, het onlangs op ’n inligtingsessie gesê die voorgenome wet sal egter ook ’n groot gros geheime staatsinligting deklassifiseer wanneer dit in werking tree.

Die nuwe wet sal ’n beperking van 20 jaar op geklassifiseerde inligting plaas en inligting wat dekades lank ontoeganklik was gevolglik vir die publiek oopstel. Dit sal ook die uitgediende Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 herroep.

Cwele het vroeër vandeesmaand aan ’n parlementêre ad hoc-veelpartykomitee gesê die voorgenome wet het dit ook ten doel om geklassifiseerde staatsinligting beter te beskerm. Dit lys verskeie oortredings en stel minimum strawwe voor, waaronder:

Tussen 15 en 25 jaar tronkstraf vir diegene wat “hoogs geheime” staatsinligting bekend maak en tussen 10 en 15 jaar tronkstraf vir diegene wat “geheime” staatsinligting beskikbaar maak, versamel, bekom of bekend maak.

Van drie tot vyf jaar tronkstraf vir diegene wat “vertroulike” staatsinligting beskikbaar maak, versamel, bekom of bekend maak;

’n Boete of drie jaar tronkstraf vir die besit van geklassifiseerde staatsinligting en om dit nie aan die owerhede te rapporteer en terug te gee nie.

Luidens die wetsontwerp is die geheimhouding van sekere inligting noodsaaklik om onder meer “lewens te red, die vryheid en veiligheid van persone te beskerm, misdadigers te vervolg en nasionale veiligheid te beskerm”. Geheimhouding moet in “nasionale belang” wees en nié om onwettighede te verbloem nie.

Verskeie komiteelede meen die definisie van “nasionale belang” is te ruim.

Openbare sittings sal in Junie plaasvind.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.