‘Medekerkgangers’ steel beursie

2010-08-16 08:20
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Port Elizabeth - Die gewyde gees by ’n kerkdiens van die Oxygen Life-gemeente in Walmer, Port Elizabeth, is gisteroggend versteur toe ’n parmantige bende diewe hulle as besoekers voorgedoen het, ’n mede-kerkganger se beursie gegryp en laat spat het.

Oor Sondag se relletjie vertel past. Bradley Verrynne hoe ’n skoolvriend van sy vrou, ene Grant, gister die kerk besoek het.

“Ons het pas met lofprysing begin. Grant en sy vroutjie het lekker saamgesing en ingeskakel.

Terwyl almal besig was om litte los te maak en uit volle bors te sing, het nog drie onbekende besoekers hulself verby Grant gewurm en styf langs hom sitplek ingeneem.”

Verrynne was onbewus van die drie besoekers, ’n vrou en twee mans, wat hulle op blou stoele teen die muur tuisgemaak, alles fyn dopgehou het en meegedoen het aan die diens.

“Sowat tien minute nadat die diens begin het, het ek net gesien hoe vlieg mense op, hoe trek die stoele en hoe nael die vrou en twee mans soos weerlig hier uit, met Grant kort op hul hakke. ‘Hulle het my beursie!’ is ook al wat ek gehoor het.

“In daardie stadium het niemand geweet wat aan die gang is nie, maar ek kon sien hier is groot fout.

Kerkgangers was verstom en die diens is onderbreek.”

Verrynne vertel toe hy uiteindelik ook buite kom, het Grant ’n onbekende vrou styf in sy greep vasgehou terwyl die kerk se sekerheidswagte nadergestorm het.

Dit blyk dat een van die mans tydens die diens Grant se vrou se beursie uit haar handsak gegryp en laat spaander het. Die twee mans het met beursie en al in ’n wit Jetta oor die horison verdwyn.

Die vrou was nie so gelukkig nie. “Grant het haar omtrent onderstebo geduik en ’n goeie greep om haar lyf gekry, ” sê Verrynne voor gisteraand se aanddiens. “Ek is bly niemand is beseer nie.”

En dis nie die eerste keer dat daar ’n herrie by dié kerk is nie. ’n Ander kerkganger het bygevoeg dat daar in die verlede voorvalle was en dat hulle ’n tydjie terug wagte aangestel het om die jongspan op te pas.

Ao. Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die vrou sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.