McBride was dalk nié dronk, hoor hof

2011-02-24 07:08
Tweets Share Share line Print

Mnr. Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, gister buite die streekhof in Pretoria waar hy verhoor word op aanklagte van dronkbestuur, bedrog en regsverydeling. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria – ’n Oud-departementshoof van die Universiteit van Pretoria se mediese skool het Woensdag in die Pretoriase streekhof getuig dat Robert McBride dalk nie onder die invloed van drank was toe hy in 2006 in ’n ongeluk was nie.

Prof. Anton Leonard van Gelder het getuig dat McBride se diabetes tesame met ’n hoofbesering moontlik die oorsaak kon wees dat hy “dronk” gelyk het op die aand van die ongeluk op 21 Desember 2006.

Dié oud-Ekurhuleni-metropolisiehoof se blou Chevrolet-ampsmotor het op die R511 naby Centurion omgeslaan toe hy op pad terug bestuur het van ’n werkpartytjie naby die Hartbeespoortdam.

Daar word beweer hy was ten tyde van die ongeluk onder die invloed van drank, maar hy ontken dit.

Volgens Van Gelder blyk dit dat dr. Inbanathan Sagathevan, McBride se vorige dokter, sy diabetes heeltemal verkeerd bestuur het en moontlik só die onveilige situasie geskep het wat moontlik die ernstige motorongeluk veroorsaak het.

Van Gelder het ook gesê dat McBride se gedeeltelike geheueverlies toegeskryf kan word aan ’n ligte kopbesering wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.

“Dit kan ook ’n kombinasie van die lae bloedsuiker en die kopbesering wees wat veroorsaak het dat die beskuldigde voorgekom het asof hy onder die invloed van alkohol was die aand van die ongeluk,” het hy gesê.

Volgens Van Gelder was daar ook getuienis dat McBride op sy selfoon gepraat het.

“As ’n persoon soveel gedrink het dat dit sy spraak aantas, is dit moontlik dat sy motoriese funksies só sal wees dat hy nie in staat is om ’n selfoon te hanteer nie.

“Meeste van die getuies het sterk staatgemaak op die reuk van alkohol aan sy asem wat hulle laat glo het hy was onder die invloed van alkohol. Die meeste leke glo dat die reuk van alkohol maklik geïdentifiseer kan word.

“Die is egter ’n wanopvatting, want alkohol het nie werklik ’n reuk nie.”

Hy het verduidelik veral diabete met lae bloedsuiker se lewers gee chemikalieë af wat deur die bloedstroom in die longe beland en uitgeasem word.

Dié chemikalieë ruik soos “soet vrugte” as dit uitgeasem word en kan met die reuk van alkohol verwar word.

McBride word van dronkbestuur, bedrog en regsverydeling aangekla.

Adv. Petronel du Plessis sit haar kruisondervraging van Van Gelder Donderdag voort.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: robert mcbride  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.