McBride se oud-kollega in getuiebank

2010-03-25 00:48
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Een van die staat se hoofgetuies in die dronkbestuurverhoor van die voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, Robert McBride, het die getuiebank ingeneem.

Sr. supt. Stanley Sagathevan het in die Pretoriase streekhof geweier om vra oor verklarings wat hy gemaak het, te beantwoord.

Guido Penzhorn SC, McBride se regsverteenwoordiger het hom onder kruisverhoor geneem.

Die verdediging wil bewys dat die staatsgetuies, insluitend Sagathevan hul verklarings oor McBride se dronkenskap op die toneel van die motorongeluk in 2006 verander het.

"Ek kan dalk myself inkrimineer deur enigiets wat ek sê," het hy gesê.

Landdros Peet Johnson het herhaaldelik die verdediging uitgedaag.

"Hoe kan jy 'n getuie dwing om bewyse aan die hof voor te lê as hy nie wil nie, op watter gronde moet ek hom dwing om te antwoord?" het Johnson gevra.

Christo Roberts, die staatsaanklaer, het gesê as Sagathevan nie wil kommentaar lewer nie, "is dit die einde van die kwessie".

"Die misdaad is nie oor die misdade wat ander mense gepleeg het nie. Die grondwet is baie, baie duidelik dat 'n man nie verplig is om vrae te beantwoord wat homself in 'n verhoor kan inkrimineer nie."

"Ek wil nie hê enige ontoelaatbare bewyse moet deur die agterdeur insluip nie. As enigiets ingehandig word wat nie deur die getuie bevestig word nie, is dit hoorsê," het Johnson gesê.

McBride staan tereg op aanklagte van bedrog, regsverydeling en dronkbestuur.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: robert mcbride  |  dronkbestuur  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.