'McBride het teen 'n hoë spoed gery'

2010-04-26 21:52
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, het ‘n ander voertuig teen ‘n hoë spoed op ‘n soliede witlyn verbygesteek, voordat sy motor gebots het, het die Pretoriase streekhof Maandag gehoor. 
     
William Engelbrecht, ‘n ooggetuie, het getuig dat McBride teen ‘n spoed van 110km/h en 120km/h in ‘n 80km/h sone gery het, toe hy hom op die R511 naby Hartbeespoortdam in Desember 2006 verbygesteek het.

McBride staar klagtes van bedrog, dwarsboming van die gereg en dronkbestuur in die gesig, nadat hy sy staatsmotor ná ‘n Kersfeespartytjie gebots het.

Engelbrecht het aan die hof vertel dat McBride was beseer en steeds binne die voertuig toe hy op die toneel gekom het.

Hy en ‘n vrou op die toneel het McBride uit sy voertuig gehelp deur ‘n passasiersvenster. Hulle het hom langs die kant van die pad neergesit en sy selfoon aan hom gegee.

Hy het getuig dat McBride na alkohol geruik het, kon nie op sy eie staan nie en het onduidelik gepraat.

McBride beweer dat hy ten tyde van die voorval oppad was na William Darvis, raadslid van die Demokratiese Allianse (DA), wat glo ‘n krisis gehad het.

Maar, Darvis het vroeër aan die hof vertel dat hy nie ‘n afspraak met McBride gehad het nie.

In ‘n ander verklaring Maandag, het ‘n beampte van die Ekurhuleni-metropolisie aan die hof vertel dat ‘n senior metropolisiebeampte, wat 'n vriend van McBride was, hom gevra het om ‘n mediese sertifikaat vir McBride te bekom, sonder dat hy geondersoek was.

Maxwell Mjamba, wat ‘n superintendent in die metropolisie was, het gesê hy was beveel om na enige mediese dokter wat hy ken, te gaan en ‘n sertifikaat te verkry wat aandui dat McBride nie dronk was ten tyde van die ongeluk nie.

Hy het gesê dat McBride die sertifikaat nodig gehad het vir ‘n vergadering met Duma Nkosi, voormalige burgemeester van Ekuhurleni.

Mjamba se bewyse vold nadat drie dokters, dr. Yoyombu Tangui Mbange, dr. Allan Soundy, and dr. Kamal Doorgaeershad getuig het.

Hulle het aan die hof vertel dat hulle gevra was om ‘n mediese sertifikaat uit te reik onder valse name, sowat 'n maand na die ongeluk, en sonder om McBride te ondersoek.

Hulle het geweier om die sertifikaat uit te reik, en het McBride na ‘n dokter verwys wat hom na die ongeluk ondersoek het.

Die saak is tot Woensdag uitgestel, wanneer die dokter wat McBride na die ongeluk ondersoek het na verwagting gaan getuig.

- Sapa
 

Lees meer oor: hof  |  robert mcbride  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.